Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se onvermoë om ‘n gebarste rioolpyp in Scottstraat, Vanderbijlpark, binne vyf dae te herstel, kan slegs toegeskryf word aan wanbestuur deur senior bestuur.
Die rioolpyp het Vrydag gebars waarna ‘n groot stroom rioolwater in die straat begin afvloei het. Inwoners in die straat moes keer dat rioolwater nie in hul erwe beland.
Die VF Plus het herhaaldelik die Emfuleni-munisipaliteit versoek om noodsaaklike dienslewering te prioriseer en nie te wag totdat skade byna onherstelbaar is nie. Die gebrek aan voertuie en toerusting om dadelik met herstelwerk te begin, het 'n algemene verskoning geword.
Die algehele ineenstorting van die munisipaliteit is ‘n toonbeeld van swak administrasie waar belastingbetalers vir dienste betaal wat nie gelewer word nie.
Belastingbetalers kan nie onbepaald gestraf word vir die onvermoë van die ANC-beheerde munisipaliteit wat versuim om basiese dienste te lewer.
Navrae: 076 616 2124