fbpx
Vryheidsfront Plus

Is Kimberley se water al so vuil dat visse straat toe vlug?

Almal soek antwoorde oor die visse in Kimberley se strate. Vir die VF Plus sou dit nie vergesog klink indien die rede die stad se vuil water was waarvan die visse probeer ontvlug nie. Die munisipale bestuurder van die Sol Plaatjie-plaaslike munisipaliteit, Boy Dluwayo, pak op sy beurt die skuld op klimaatsverandering.

Volgens Dluwayo kan Kimberley se waterprobleme en -tekorte aan klimaatsverandering toegeskryf word waar slik en opdrifsels met die huidige hoë watervlak van die Vaalrivier die waterstelsel se filters vinnig laat verstop. Wanneer hierdie filters skoongespoel word, word watervoorsiening onderbreek.

Die VF Plus ontken nie die verskynsel van klimaatsverandering nie, maar wil die munisipale bestuurder daarop wys dat die Vaalrivier permanent in 'n siklus van droogte en vloed is.

Die oorsaak vir die munisipaliteit se gesukkel met watervoorsiening moet eerder gesoek word in die feit dat 60% van die water wat Sol Plaatje uit die Vaalrivier pomp, verlore raak weens ‘n vervalle water-infrastruktuur.

Inwoners van Kimberley is gewoond daaraan om strome skoon, gesuiwerde water in strate te sien afloop. Visse, in hierdie geval babers wat in permanente poele in die woonbuurt Cassandra se paaie uitbroei, is egter ‘n nuwe verskynsel.

Dluwayo se poging om die skuld vir die stad se waterprobleme op klimaatsverandering te pak, hou nie steek nie en dien opnuut as bewys dat die munisipale ANC-bestuur enige verskoning sal gebruik om sy onbevoegdheid te verdoesel.

Die eintlik rede vir Kimberley se watertekorte kan voor die deur gelê word van gebrekkige of geen instandhouding van waterinfrastruktuur nie. Die huidige waterinfrastruktuur is so verouderd dat dit totaal vervang sal moet word. Dit help nie meer om net die gate toe te stop nie.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.