Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC se waansinnige beleidsrigting moet drasties verander ten einde Gauteng te red

(Debat oor Gautengse provinsiale rede)

Die VF Plus het die ANC-regering vandag, in reaksie op premier David Makhura se provinsiale rede, van waansin beskuldig wat die provinsie se ekonomie vernietig het nog voordat die Covid-19 pandemie sy verskyning gemaak het.

Alhoewel die pandemie 'n geleentheid daargestel het vir die ANC om in solidariteit met die inwoners van die provinsie op te tree en sy mislukte ekonomiese beleid te hersien, het die ANC eerder die waansin geïntensifiseer deur middel van sy beleid van ekonomiese sentralisasie, regulatoriese inmenging en rassistiese uitsluiting uit die ekonomie.

Alhoewel die ANC nie die pandemie kon voorkom nie, het dié party volle beheer gehad oor die Gautengse ekonomie waarvan die resultate een van rommelstatus en sosio-ekonomiese inploffing was.

Dit herinner aan die gesegde wat aan Albert Einstein toegedig word dat die definisie van waansin is om die dieselfde ding oor en oor te doen en 'n ander resultaat te verwag.

Dit is redelik om te verwag dat 'n party wat gekonfronteer word met 'n globale pandemie teen die agtergrond van sy mislukte ekonomiese beleid, sal ophou om die gat waarin hy is, dieper te grawe en sy gedrag aan te pas.

Die ANC het inderdaad sy gedrag verander, nie deur sy mislukte beleid te verander nie, maar deur dié beleid selfs verder te intensifiseer. Dit is niks anders nie as waansin kwadraat.

Die VF Plus het dit ook gestel dat dit redelik is om te verwag dat 'n party wat gekonfronteer word met 'n globale pandemie teen die agtergrond van mislukte ekonomiese beleid, beskermende toerusting en voedselhulp aan gemeenskappe sal verskaf.

Die ANC het inderdaad hulp verskaf – nie aan die armes nie, maar deur 'n omgewing te skep vir tenderbedrog en die sentralisering van voedselhulp tot nadeel van die armes. Dit is waansin op 'n kwantum-skaal.

Die enigste wyse waarop die waansin gestop sal kan word, is om dringend die regte ekonomiese beleid te implementeer. Dit sal dus gerade wees vir die ANC om te toets watter beleid werk, naamlik die ANC se sentralistiese en sosialistiese beleid, of 'n markgerigte beleid sonder regeringsinmenging en korrupsie.

Daarom stel die VF Plus voor dat een van die spesiale ekonomiese sones (SEZ) in Gauteng vrygestel word van enige regeringsinmenging en dat die ontwikkelingsresultate daarvan vergelyk kan word met dié van ander SEZ's.

Elon Musk moes Suid-Afrika verlaat om sy ongelooflike sukses te behaal. Dit sal egter nie verbaas indien hy bereid sou wees om in die ruimte-en lugvaart SEZ in Gauteng te belê mits dit vrygestel word van regerings-inmenging nie.

Daar moet ernstig gedink word oor waarom hy SpaceX geskuif het van Kalifornië na Texas. Elon Musk wou eenvoudig van die waansinnigheid van regeringsinmeniging en swak ekonomiese beleid wegkom.

Die meeste brose (mislukte) state kom voor op die Afrika-kontinent. Indien daar nie nou onmiddellik markgerigte groeibeleid in Gauteng in werking gestel word nie, sal Suid-Afrika binnekort by daardie ongelukkige klub van state aansluit.

Sou dit die geval wees, sal die VF Plus ongeag voortbeur na 'n beter bedeling vir sy ondersteuners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.