Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Riah Phiyega ‘n verleentheid vir polisie en moet medaljes teruggee

Die toekenning van verskeie medaljes aan die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, genl. Riah Phiyega, is nie net ‘n verleentheid vir die polisie nie, maar ‘n verleentheid vir die hele Suid-Afrika, sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.

Die medaljes is die polisie se goue medalje vir uitstaande diens, die tienjaar-gedenkmedalje vir lede wat diens gedoen het in die eerste tien jaar van demokrasie tussen 1995 en 2005, die eenheid- of samesmeltingsmedalje en die Fifa Wêreldbeker 2010 ondersteuningsmedalje.

Dr. Groenewald sê as gewaardeerde lid van Interpol skep die aangeleentheid die indruk dat Suid-Afrika medaljes nie toeken op meriete nie, maar dat dit verkry word deur politieke konneksies.

“Phiyega is ‘n politieke aanstelling en was voor haar aanstelling glad nie in die polisiediens nie. ‘n Medalje vir tien jaar diens is ‘n uitsonderlike medalje wat gegee word vir uitsonderlike diens. Gewone lede van die polisie is baie trots daarop aangesien dit ‘n erkenning is vir hul harde werk.

“Die toekenning van hierdie medalje aan Phiyega wat eers in 2012 aangestel is, tas die waardigheid van die medalje aan en maak dit goedkoop. Dit tas sodoende die trots van haar werkende lede aan wat die medalje gekry en verdien het.

“Phiyega behoort die medaljes terug te gee indien sy enige waarde heg aan getroue en uitstaande diens van lede van die polisie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.