Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Regering se distriksontwikkelingsmodel (DDM) gedoem tot mislukking

Die ANC-regering se herhaalde beloftes en ingrypingspogings om plaaslike munisipaliteite van ondergang te red, is gedoem tot mislukking.

Sedert die regering se aankondiging in 2019 dat ‘n distriksontwikkelingsmodel (DDM) om plaaslike regering in die land reg te ruk geïmplementeer gaan word, het dit nog geen tasbare resultate opgelewer nie.

Gemeenskappe gaan steeds gebuk onder wanbestuur, korrupsie en swak dienslewering in mislukte ANC-beheerde munisipaliteite ten spyte van regeringsbeloftes en ingrypings onder die vaandel van die DDM.

Kaderontplooiing, oorlade munisipale salarisrekeninge onder die vaandel van werkskepping, die aanvaarding van onbefondsde begrotings, swak dissipline en korrupsie onder amptenare en politici asook die algemene verval van dienste, is steeds kenmerkend van hierdie munisipaliteite. Die voorbeelde is legio.

In die afgelope maand is munisipale dienste en gemeenskappe in onder meer Wolmaransstad (Lekwa Taemane-plaaslike munisipaliteit), Schweizer-Reneke (Mamusa-plaaslike munisipaliteit) en Ventersdorp (JB Marks-plaaslike munisipaliteit) weens onvervulde regeringsbeloftes oor dienslewering ontwrig.

Dít terwyl die regering telkens met groot gewag ontwikkelingsplanne soos die DDM en intervensies in munisipaliteite op nasionale vlak aankondig.

Pres. Cyril Ramaphosa het só byvoorbeeld in 2019 al die mislukte Mamusa-plaaslike munisipaliteit uitgesonder as ‘n suksesverhaal wat baat vind by die regering se distriksontwikkelingsmodel (DDM).

Hierdie munisipaliteit is egter steeds ‘n mislukking en daar vind tans geen munisipale dienste plaas nie.

Voeg hierby die onstabiliteit wat die voortdurende ANC-faksiegevegte in munisipaliteite meebring en dit is duidelik dat daar geen hoop vir die herstel van munisipale dienste en verantwoordbare regering onder ‘n ANC-regering bestaan nie.

Leë beloftes en mooiklinkende ontwikkelingsplanne is gedoem tot mislukking sonder daadwerklike optrede teen skynbaar gewetenlose ANC-faksies wat slegs hul eie belange najaag ten koste van gemeenskappe

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.