fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering mislei parlement en publiek oor die aanwending van geld uit e-tol

Dit blyk dat die regering oneerlik is met die parlement en die publiek van Suid-Afrika oor die aanwending van inkomste uit e-tol en die VF Plus gaan eis dat die minister met die waarheid hieroor vorendag kom, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Volgens adv. Alberts is dit op rekord dat die betrokke minister skriftelik in reaksie op ‘n geskrewe parlementêre vraag teenoor hom bevestig het die inkomste uit e-tol, waarvoor hoofsaaklik Gautengers betaal, uitsluitlik vir die instandhouding van die Gautengse snelwegstelsel gebruik gaan word.

Luidens ‘n berig in die Business Day van vandag het ‘n woordvoerder van die departement egter gister voor die e-tol-evalueringspaneel getuig dat e-tolgeld ook gebruik kan word om te help met die instandhouding van die res van die land se paaie waar tans ‘n agterstand van sowat R200 miljard is.

Adv. Alberts sê dit is duidelik dat die parlement mislei is en dat Gautengers oënskynlik wel sal moet opdok vir die res van die land se paaie.

“Hierdie uitlating staan in direkte kontras met ‘n antwoord wat die VF Plus van die minister gekry het waarin gesê is die geld sal nie vir ander provinsies aangewend word nie.

“Die VF Plus gaan ‘n parlementêre vraag aan die minister rig oor gister se uitlatings, en die waarheid eis. Hierdie is tekenend van die minagting wat die ANC se uitvoerende gesag teenoor die parlement, die Grondwet en die publiek toon.

“Die VF Plus sal dit nie aanvaar nie, en sal die ANC-regering onverwyld tot orde roep hieroor,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.