Die Tshwane-metroraad se oorsigkomitee vir behuising en menslike nedersettings kon verlede week nie met sy werksaamhede voortgaan nie aangesien agt lede van die regerende koalisie wat die ANC, ActionSA en die EFF verteenwoordig, nie vir die vergadering opgedaag het nie.
Aangesien daar geen kworum was nie, kon geen besluit geneem word oor vier verslae wat bespreek moes word nie.
Een van die verslae sluit die mediumtermyn-prestasieverslag van die departement in, wat herhaalde tekortkominge bevat wat deur die ouditeur-generaal uitgewys is.
Die oorblywende verslae handel oor verkwistende besteding van meer as R50 miljoen asook mislukte projekte in Phomolong, Olievenhoutbosch en Soshanguve.
Die optrede van die regerende koalisie toon minagting vir verantwoordelike oorsig oor die werksaamhede van die departement, wat reeds weens negatiewe ouditbevindings onder verdenking staan.
Inwoners van die Tshwane-metroraad sal op 4 November 2026 die geleentheid kry om VF Plus te stem vir ‘n regering in Tshwane waar verantwoordbaarheid en deursigtigheid aan die orde van die dag is.


