fbpx
Vryheidsfront Plus

Rea Vaya-busdiens mors miljoene

Die Rea Vaya-busdiens wat die afgelope vier jaar pendelaars in Johannesburg bedien, is ‘n groot ANC-mislukking, sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad.

“Die stad van Johannesburg het meer as R3 miljard spandeer om dié moderne busdiens in werking te stel.

“Studies toon dat die Rea Vaya-busdiens, wat goed vergelyk met soortgelyke Suid-Afrikaanse busdienste, maklik sowat 14 000 passasiers per dag kan vervoer. In stede hiervan, bedien die diens tans slegs 10 000 pendelaars. Dié busdiens is dus tans nie winsgewend nie,” sê De Lange.

Hy voer aan dat die oorsaak van die busdiens se mislukking, die yl bevolkingdigtheid rondom die aangewese roetes is.

“Om die situasie te vererger, het die stad van Johannesburg ‘n ooreenkoms met 317 minibus taxi-eienaars beklink waarvolgens hulle ‘n bedrag van R830 000 elk aan hulle gaan betaal om nie die roetes te bedien nie.”

Minibus taxi’s gaan nou die fase 1(b) roetes van die Rea Vaya-busdiens wat die voorstede van Soweto, Noordsig, Pennyville, Riverlea, Bosmont, Coronationville, Newclare, Westbury, Westdene, Melville, Aucklandpark, Parktown en Braamfontein bedien, vermy.

“Die VF Plus in Johannesburg maak sterk beswaar teen die soort ‘mafia’-onderhandelings deur die stad van Johannesburg en voel die verdere vermorsing van belastinggeld moet aan die groot klok gehang word.”

 

082 358 3882

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.