President Jacob Zuma moet daarteen waak om nie deel te raak van die koor wat ongegronde en rasverdelende veralgemenings, soos dat wit mense grond van swartes gesteel het, rondslinger nie, sê mnr. Werner Weber, die VF Plus se woordvoerder oor grond.
Mnr. Weber sê die historiese agtergrond oor grondbesit in Suider-Afrika is kompleks, en daar is stawende bewyse dat die wit mense groot dele van die land van swart mense gekoop het.
Mnr. Weber sê die president moet verduidelik hoe, wanneer en waar die swart mense van Suid Afrika die land bekom het om hulle aanspraak as die enigste regmatige eienaars van grond in Suid Afrika te regverdig.
“Is die land gekoop, geruil of geërf, of is dit ook by ander afgeneem soos hy wittes van beskuldig? Die antwoord is iets van alles.
“Die VF Plus hoop dat die president sal ophou met hierdie kwetsende uitsprake. Indien hy daarmee voortgaan, sal hy bewyse moet lewer oor wanneer en hoe die swart mense die land regmatig bekom het,” sê mnr. Weber.
Navrae: 084-652-9164