fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC moet verantwoordelikheid aanvaar vir opstande in weste van Pretoria

Die VF Plus is van mening dat die ANC verantwoordelik gehou moet word vir die opstande van die Gomora informele nedersetting wat vanoggend in Hercules in die weste van Pretoria uitgebreek het.

Die VF Plus se LPW in Gauteng en leier in Pretoria, mnr. Philip van Staden, het vanoggend na aanvang van die onluste gesê dat die ANC en die burgemeester van Pretoria al sedert die ontstaan van die nedersetting in 2008 die inwoners water, sanitasie, krag en huise belowe het. Voor elke verkiesing maak die ANC in Pretoria allerhande beloftes aan die mense wat nooit realiseer nie.

Van Staden het gesê dat hy en verskeie inwoner-organisasies destyds die burgemeester gewaarsku het dat hierdie nedersetting nie in ‘n vleilandgebied geplaas kan word nie omrede daar nie vir hulle huise gebou kan word nie en dat die skole in die gebied nie die ekstra toestromings kan hanteer nie. Dit was ook die rede waarom Van Staden in 2010 ‘n plakkerskamp voor die destydse burgemeester se huis in Pretoria opgerig het.

“Vanoggend is wetsgehoorsame inwoners se lewens in gevaar gestel deur opstande wat deur die ANC verhoed kon gewees het as die nedersetting destyds nie in die gebied geplaas was nie, en as die ANC hul verkiesingsbeloftes nagekom het.”

Die VF Plus het bevestiging gekry dat geen skole in die Wesmoot geplunder of aan die brand gesteek is nie en dat sulke gerugte wat tans die rondte doen, vals is. Die VF Plus se takke in die gebied hou die situasie fyn dop.

“Wat wel waar is, is dat al die skole in die gebied die kinders huis toe gestuur het om hul veiligheid te verseker. Verkeer was vanoggend heeltemal ontwrig en baie inwoners kon nie vandag by hul werkplekke uitkom nie.”

Die VF Plus in Pretoria het wetsgehoorsame burgers in die gebied gemaan om nie oor te gaan na geweld nie, maar tog paraat te wees om hul eie veiligheid te verseker.

 

Kontaknommer: 084 015 4722

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.