fbpx
Vryheidsfront Plus

Rasse-onverdraagsaamheid het posgevat by die Universiteit van Pretoria (UP)

Die VF Plus-jeug in Gauteng veroordeel ten sterkste die EFF en ANC se radikale en onverdraagsame optrede op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) met die verkiesing van die studenteraad (SR).

Die VF Plus se SR-presidensiële kandidaat, mnr. Daniël Viljoen, was die teiken van openlike rassistiese uitsprake tydens sy presidensiële kandidaat-toespraak.

Dit is ook die tweede keer dat die OVK mnr. Viljoen se verkiesingsplakkate moet vervang nadat vandale dit opgeskeur het.

Nog meer kommerwekkend is dat die UP hierdie klein groepe EFF- en ANC-studente toelaat om die atmosfeer op die kampus te ontwrig en te vergiftig. Dit wil voorkom asof die UP nie net bereid is om hierdie gedrag te aanvaar nie, maar om ook onmiddellik toe te gee aan die ontwrigters se eise.

Dit is juis hierdie toegewings wat ‘n valse gevoel van vrede op die kampus skep wat tot die vernietiging van studente-kultuur, verdeeldheid en die opstel van groepe teen mekaar lei.

Die VF Plus sal nie toegee aan die intimidasie of die rassehaat van hierdie radikale groepe op die kampus nie. Die party verteenwoordig die konserwatiewe Christelike minderheid op die kampus en is daar om aan minderhede ‘n stem te gee teen hierdie vernietiging van morele- en gemeenskapswaardes.

Ons moedig elke konserwatiewe student op die UP aan om gedurende die komende weke vir Daniël Viljoen te stem met die SR-verkiesing. In ruil daarvoor sal studente 'n passievolle stem hê wat veg vir studenteregte.

Ons doen 'n beroep op die Universiteit en die OVK om in te gryp en 'n positiewe demokratiese atmosfeer te bevorder waar alle standpunte gerespekteer word, ongeag velkleur.

Kontaknommer:
Jean Kriek: 079-224-7321
Daniël Viljoen: 081-336-1623

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.