Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Rand West-kragkrisis: Verskonings in plaas van oplossings

Die VF Plus is nie tevrede met die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) se verklaring vir uitgerekte kragonderbrekings in die landelike gemeenskappe van Randfontein nie.

Volgens die ANC-beheerde munisipaliteit se eie openbare kennisgewing sit sommige inwoners sedert die laaste week in Maart sonder krag nadat minstens ses 6.6kV-paal gemonteerde transformators onklaar geraak het weens verouderde infrastruktuur, vandalisme, kabeldiefstal en swak bestuur.

In dié kennisgewing word aangevoer dat die verskaffers nie voldoende voorraad het nie aangesien die netwerk verouderd is en dat daar slegs van die nuwer 11kV-transformators beskikbaar is.

Die VF Plus vind hierdie stelling misleidend aangesien navrae aan drie verskaffers aan die lig gebring het dat transformators in die meeste gevalle nie vervang hoef te word nie en meestal binne 3 tot 4 weke herstel kan word.

Die verskaffers het aangedui dat die 6.6kV-transformators wel skaarser is as die 11kV-eweknie, maar beslis nie onverkrygbaar nie, en dat daar boonop ‘n sogenaamde “dubbele stelsel transformator” beskikbaar is wat met die druk van ‘n skakelaar van 6.6kV na 11kV oorgeskakel kan word.

Hierdie gebrekkige dienslewering wat met swak verskonings gepaard gaan, laat onwillekeurig die vraag ontstaan of die wil ontbreek om diens aan betalende inwoners te lewer en of die munisipaliteit speel vir tyd weens gebrekkige befondsing in die huidige boekjaar.

Die VF Plus sal tydens die volgende raadsvergadering die vraag stel of die munisipaliteit genoeg fondse in die res van geldjaar oor het om aan al sy verpligtinge te voldoen.

Hierdie onbeplande onderbrekings ontwrig daaglikse lewens, rig skade aan toestelle aan en laat huishoudings sonder kos en water.

Kiesers moet kennis neem wie vir die gebrekkige dienslewering verantwoordelik is en weet dat die VF Plus tydens die November-plaaslike regeringsverkiesing ‘n betroubare alternatief bied vir die ANC se wanbestuur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.