fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramptoestand kan nie sonder streng oorsig

Die moontlikheid van ’n ramptoestand wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het as oplossing vir die elektrisiteitskrisis, moet baie duidelik uitspel wat dit behels.

Daar mag nie ’n herhaling wees van die misbruik van mag soos wat met die Covid-19-ramptoestand beleef is nie.

Ramptoestande is nie ongewoon nie. In KwaZulu-Natal is verlede jaar byvoorbeeld ’n ramptoestand afgekondig vir die spesifieke doel om te help met die stormvloede wat groot skade aangerig het.

Die VF Plus sal as voorwaarde wil sien presies wat is die redes en die bepalings wat sal geld met so ’n ramptoestand.

Dit is belangrik om te voorkom dat korrupsie nie weer soos met die Covid-19-ramptoestand op groot skaal plaasvind met fondse wat maklik toeganklik raak deur spesiale maatreëls nie.

Daar moet onder meer behoorlike parlementêre oorsig wees oor die uitvoering van enige beplande ramptoestand oor die elektrisiteitskrisis. ’n Ad hoc-komitee moet ook aangestel word om die proses te monitor.

Die president sal duidelik moet uitspel hoe lank die ramptoestand sal geld.

Die ironie in hierdie geval is dat die regering self die probleem veroorsaak het wat hy nou met ’n ramptoestand wil beëindig.

Beter oorsig is daarom allerbelangrik om te keer dat hierdie beplande ramptoestand, soos met Covid-19, nie in ’n korrupsieramp van sy eie ontaard nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.