fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana-munisipale raad steun VF Plus se eis vir hersiening van munisipaliteit se halfjaarlikse verslag

Die VF Plus in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het vandag tydens ‘n raadsitting daarin geslaag om die munisipaliteit se halfjaarlikse prestasieverslag oor dienslewering, terug te laat verwys vir hersiening en dringende regstelling.

Hierdie verslag is veronderstel om die grondslag te wees vir die goedkeuring van ‘n halfjaarlikse aansuiweringsbegroting teen die einde van Februarie.

Die VF Plus het die aanvaarding van die verslag in die raad tot stemming laat bring nadat die party beswaar aangeteken het teen talle ooglopende wanvoorstellings en die gebrek aan die nakoming van die voorgeskrewe wetlike vereistes.

Die prestasie-rapportering aan die munisipale raad deur die munisipaliteit moet aan hierdie vereistes voldoen.

Die party het reeds tydens die 2022-begrotingsproses beswaar aangeteken teen die aanvaarding van ‘n onbefondsde begroting in die munisipaliteit.

Om nou ‘n verdere aansuiweringsbegroting op sterkte van ‘n onvolledige prestasie- en bestedingsverslag deurspek met feitefoute en wanvoorstellings goed te keur, sal verdere rampspoed vir die Matlosana-munisipaliteit verseker.

Die inwoners van Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein ly reeds lank onder onprofessionaliteit en gevolglike gebrek aan dienslewering van hierdie ANC-beheerde munisipaliteit.

Die VF Plus sal die situasie fyn monitor om te verseker dat sulke lakse optrede die munisipaliteit nie finaal oor die afgrond stoot nie.

Die inwoners van Matlosana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.