fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa moet nou oop kaarte speel oor Bosasa-skenking

President Cyril Ramaphosa moet nou oop kaarte speel oor die skenking van R500 000 wat hy vir sy verkiesingsveldtog van Gavin Waton se maatskappy Bosasa ontvang het. Hy is dit verskuldig aan die mense van Suid-Afrika.

Die Openbare Beskermer (OB), het vandag bevind die president het die parlement “doelbewus” mislei toe hy vroeër oor die skenking uitgevra is en dat hy die etiese kode van sy amp oortree het.

Pres. Ramaphosa het gister in die parlement hieroor gesê die reg moet sy gang gaan. Dit het nou gebeur met die OB se bevinding en die bal is in die president se baan om dit duidelik te stel wat die ware toedrag van sake is.

Indien hy besluit om die OB se bevinding op hersiening te neem, moet hy dit sonder versuim doen en ook sy redes daarvoor gee.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.