Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Raadslede bly weg terwyl Nala verval

Die VF Plus veroordeel die afwesigheid van die ANC, NCF en ʼn DA-raadslid tydens ʼn belangrike spesiale raadsvergadering wat die toekoms van die Nala-plaaslike munisipaliteit (Bothaville, Wesselsbron) moes bepaal.

Die vergadering van gister (Dinsdag) was geskeduleer om ʼn finale besluit te neem oor die voorlopige skorsing van die munisipale bestuurder, Scotch Lehloenya, en die finansiële hoof, Mochela Lekitlane.

Beide amptenare word ondersoek vir ernstige onreëlmatighede en het herhaaldelik raadsbesluite en wetlike prosesse geïgnoreer.

Die vergadering kon egter nie voortgaan nie weens die gebrek aan ʼn kworum.

Die afwesigheid van hierdie raadslede is niks anders nie as ’n klap in die gesig van elke inwoner van Nala. Wanneer politieke lojaliteit belangriker word as dienslewering, seëvier korrupsie.

Die nasionale tesourie (NT) oorweeg nou om Nala se begrotingstoelae terug te hou – ‘n stap wat noodsaaklike dienslewering kan beïnvloed.

Hierdie raadslede het klaarblyklik geen besorgdheid oor die voortbestaan van die munisipaliteit of die welsyn van sy inwoners nie. Intussen ontvang die twee geskorste amptenare steeds ’n volle salaris, sonder om ‘n enkele dag se werk te verrig.

Die VF Plus sal nie toekyk terwyl wanbestuur en politieke manipulasie die Nala-munisipaliteit kelder nie.

Die party sal voortgaan om vir verantwoordbare bestuur en geregtigheid te veg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.