fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Provinsies is te afhanklik van Nasionale Tesourie

Provinsies genereer min eie inkomste en is te afhanklik van die Nasionale Tesourie, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng.

Mulder het in reaksie op die begrotingsdebat van LUR Mandla Nkomfe in die Gautengse Wetgewer, gesê dat slegs 5% (R4.2 miljard) van die provinsie se inkomste wat meer as R85 miljard rand beloop, deur die provinsie self genereerword.

“Gauteng het in 2012 ‘n 36% bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk van Suid-Afrika gelewer met sowat 25% van die land se bevolking.  Die drie Gautengse metrorade dra in totaal 92,7% tot die provinsie se BBP by. Die beleërde e-tolstelsel gaan verder die inflasiesyfer van Gauteng en Suid-Afrika in geheel noodwendig negatief beïnvloed,” sê Mulder.

Meer mag en besluitnemingsmag moet afgewentel word na provinsies en gemeenskappe en lokale ekonomieë moet gestimuleer word. Die regering se beleid van sentralisme gaan oor politieke mag en is nie volhoubaar.

 

Kontaknommer: 082 466 3786

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.