Die VF Plus doen ‘n beroep op die gemeenskap van Muldersdrift om proaktief by misdaadvoorkomingsaksies in hul omgewing betrokke te raak. Dit volg nadat ‘n 15 jarige meisie Dinsdagnag verskeie kere in haar ouerhuis op hul plaas geskiet is.
Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng, sê dat die Muldersdrift-gemeenskap al vir etlike jare geteister word deur geweldsmisdaad en die SAPD is nie daartoe in staat om die gemeenskap te beskerm nie.
“Muldersdrift word omring deur ‘n groot aantal informele nedersettings waar werkloosheid, armoede en misdaad hoogty vier.
“Die polisie in Gauteng beskik ook nie oor ‘n effektiewe misdaadintelligensie-vermoë om misdaad te voorkom nie,” het Mulder gesê.
Die VF Plus wens die jong slagoffer ‘n spoedige herstel toe.
Kontaknommers 0824663786/0623911804