Suid-Afrika het ‘n beter president verdien as die een wat hy gehad het. Al is dit nie moeilik om ‘n beter president te wees as wat mnr. Jacob Zuma was nie.
Pres. Cyril Ramaphosa moet nogtans besef dat hy fyn dopgehou sal word en hy sal deur sy dade moet wys dat hy erns het met sy uitsprake.
Die VF Plus wil graag sien dat die vlak van debatvoering in die parlement na ‘n hoër vlak sal oorskakel en dat die nuwe president respek sal hê vir die parlement aangesien die vorige een geen respek vir die land se wetgewer gehad het nie.
Artikel 83 van die land se Grondwet bepaal dat die staatspresident van Suid-Afrika sosiale kohesie in die land moet bevorder. Die vorige president het egter die gewoonte gehad om wit mense die skuld te gee vir alles wat in die land verkeerd gegaan het.
Pres. Ramaphosa sal dopgehou word om te sien of hy ook die skuld op wit mense gaan pak vir die mislukkings van die ANC.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216