Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Politieke hoofde moet ook vervolg word in verband met Vrede-suiwelprojek

Die VF Plus verwelkom die arrestasie van Peter Thabethe, voormalige departementshoof van die Vrystaatse departement van landbou, maar eis dat die politieke hoofde wat by die skandaal betrokke was, ook gearresteer en verantwoordbaar gehou moet word.

Verskeie klopjagte is Woensdagoggend deur die Valke op die Guptas se huis in Saxonwold, Johannesburg, en Thabethe se huis in Bloemfontein uitgevoer, waarna Thabethe gearresteer is en Ajay Gupta glo ingeneem is vir ondervraging.

Dit is egter kommerwekkend dat slegs ‘n amptenaar wat betrokke was by die skandaal wat die belastingbetalers van die Vrystaat nagenoeg R570 miljoen gekos het, gearresteer is. Daar was verskeie politieke hoofde by die knoeiery betrokke.

Die omstrede kontrak met Estina is deur die premier se departement goedgekeur en afgeteken. Mosebenzi Zwane, die destydse LUR van die departement van landbou het die ligging van die projek gekies, naamlik Vrede wat Zwane se tuisdorp is.

Premier Ace Magashule en verskeie ander lede van die provinsiale kabinet het ook die projek vir jare verdedig ten spyte van opposisiepartye en die Ouditeur-Generaal (OG) se herhaaldelike vermanings oor die grootskaalse geldvermorsing wat daar plaasvind.

Die VF Plus eis dringende strafregtelike optrede teen alle betrokkenes en nie slegs teen amptenare van die departement nie. Daar mag nie toegelaat word dat al die skuld vir die Vrede-suiwelskande op ‘n junior amptenaar gepak word nie. Almal wat betrokke was, moet vervolg word, veral die prominente politici wat die meeste voordeel daaruit getrek het.

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.