Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Polisie ondersoek miljoene se brandstofverliese in Ekurhuleni-metro

Die VF Plus is bekommerd oor brandstofverliese van meer as R13 miljoen wat dienslewering in die reeds sukkelende Ekurhuleni-metro verder strem.

Luidens die vierde kwartaal se prestasieverslag van die departement van vervoerbeplanning, paaie en stormwater vir die 2024/25-finansiรซle jaar, is verliese by sewe van die metro se depots aangeteken.

โ€™n Saak is reeds by die polisie aanhangig gemaak en werknemers van die departement is glo by die ondersoek betrek.

Die Kemptonpark-depot, waar die grootste probleem geรฏdentifiseer is, is tydelik gesluit hangende die uitkoms van โ€™n interne en eksterne ondersoek.

Die ondersoek beklemtoon die erns van die saak en bevestig die omvang van die risiko wat Ekurhuleni oor โ€™n lang tydperk toegelaat het om te ontwikkel.

โ€™n Interne oudit wat op 23 Junie vanjaar by depots in Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Kemptonpark en Nigel gedoen is, het โ€™n gesamentlike tekort van R13 349 248.70 bevestig.

Sรณ โ€™n verlies wek dringende vrae oor voorraadmonitering en die integriteit van die voorsieningstelsel wat verantwoordelik is vir die bestuur van duisende liters brandstof waarop die metro daagliks staatmaak.

Wat hierdie bevinding meer kommerwekkend maak, is dat โ€™n departementele oorsig aangedui het dat brandstofbestuur die verantwoordelikheid van die finansiรซle departement se verkrygingskettingbestuur-afdeling is, wat verdere swakhede in die metro se interne beheerstelsel blootlรช.

Die VF Plus het as lid van die oorsigkomitee van die betrokke departement sy kommer uitgespreek oor hoe sรณ โ€™n groot verlies van openbare bates kon plaasvind sonder dat dit vroeรซr opgespoor is.

Die omvang van die tekort het eers aan die lig gekom nadat โ€™n interne oudit dit uitgelig het.

Die komitee het aanbeveel dat die aangeleentheid na die munisipale openbare rekeningekomitee (MPAC) verwys word vir โ€™n omvattende ondersoek, en die raad het die aanbeveling aanvaar. MPAC is versoek om sy eerste vorderingsverslag teen 28 Februarie 2026 aan die raad voor te lรช.

Die inwoners van Ekurhuleni kan nie voortgaan om onder gebrekkige dienslewering te ly terwyl miljoene rande se brandstof eenvoudig uit die depotvoorraad verdwyn nie.

Hierdie voorval weerspieรซl sistemiese swakhede wat dringend reggestel moet word, en die VF Plus sal die aangeleentheid deurlopend monitor totdat volle aanspreeklikheid verseker is en die waarheid rondom die brandstofverliese volledig blootgelรช is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.