Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nala aanvaar twee belangrike VF Plus-mosies oor padonderhoud en kabeldiefstal

Die Nala-plaaslike munisipaliteit het twee belangrike mosies van die VF Plus goedgekeur om eerstens verswakte en gevaarlike paaie se herstelwerk te versnel en tweedens om ล‰ omvattende ondersoek na voortdurende kabeldiefstal in te stel.

Die eerste mosie verplig die munisipaliteit om die padnetwerk dringend te prioritiseer. Jarelange verval, slaggate en โ€™n gebrek aan instandhouding het reeds gelei tot hoรซr vervoerkoste, voertuigskade en ernstige vertraging in die vervoer van landbouprodukte.

Die munisipale bestuurder, mnr. Sekonyela Lehloenya, en die direkteur van tegniese dienste, mnr. Itumeleng Mokotedi, moet binne 14 dae โ€™n volledige verslag aan die raad voorlรช oor die toestand van alle hoofpaaie en bestaande herstelplanne en beskikbare begrotings.

Daarby moet โ€™n duidelike padherstelprogram nou in werking gestel word, met maandelikse terugvoering aan die raad.

Die herstel van Nala se paaie kan nie langer uitgestel word nie, veral omdat die Vrystaat een van Suid-Afrika se belangrikste landbougebiede is. Bothaville en Wesselsbron vorm deel van die roetes waardeur graan en vars landbouprodukte daagliks vervoer word. โ€™n Betroubare padnetwerk is dus noodsaaklik vir die streek se ekonomie en vir plaaslike inwoners se veiligheid.

Die tweede mosie vereis โ€™n omvattende ondersoek na toenemende kabeldiefstal, insluitend die aanstelling van โ€˜n toegewyde ondersoekkomitee, โ€˜n forensiese ondersoek na interne prosesse en toegangsbeheer, en die gebruik van eksterne poligraaftoetsing vir personeel in die elektrisiteitsafdeling.

Die VF Plus se raadslid, Dian Botha is aangewys as voorsitter van die ondersoekkomitee.

Die aanneming van beide mosies stuur โ€™n sterk boodskap dat die raad gereed is om kritieke infrastruktuur te beskerm, misdaad en interne onreรซlmatighede te bekamp en betroubare dienslewering te herstel.

Die VF Plus sal toesien dat die munisipaliteit sy verpligtinge nakom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.