fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie moet ernstig besin oor optrede ná Kiepersol-hofuitspraak

Die polisie sal met erns moet kennis neem van die hofuitspraak oor sy versuim om op tree tydens ʼn gewelddadige stakingsaksie in 2007 op die plaas Kiepersol van die piesangreus Umbhaba Estates in Hazyview.

Die VF Plus verwelkom die uitspraak en beskou dit as ʼn oorwinning vir alle Suid-Afrikaners wat uitgelewer is aan misdaad en geweld terwyl die polisie toenemend hul plig versaak.

Die Hoogste Hof van Appèl het vandeesmaand die staat se appèl teen ʼn hooggeregshof-uitspraak met koste van die hand gewys. Umbhaba Estates het R318 miljoen geëis weens skade wat gelei is.

Umbhaba Estates besit verskeie megaplase en is van die grootste produseerders van piesangs en ander sitrusvrugte in die land.

Die aansoekers in die appèl was die minister van polisie asook die nasionale- en provinsiale polisiekommissarisse.

Die staking van 5 tot 24 Julie was destyds groot nuus. Dit is gekenmerk deur intimidasie, aanrandings, opsetlike saakbeskadiging, vandalisme, diefstal en plundering. Verskeie boorde is aan die brand gesteek en vernietig.

Die polisie is daarvan beskuldig dat hulle versuim het om op te tree en selfs die kant van die stakers gekies het deur plaaspersoneel te probeer verhinder om die stakers se optrede af te neem.

Die Hoogste hof van Appèl het met sy uitspraak ʼn hooggeregshofbevinding beaam dat die polisie onverskillig opgetree het aangesien hulle óf pleidooie om hulp geïgnoreer het óf geen aksie geneem het op die toneel nie.

Volgens die uitspraak moet dit “beklemtoon word” dat die polisie ‘n grondwetlike plig gehad het om in te gryp, selfs voordat die eerste van drie hofbevele teen die stakers verkry is. Die bevinding lui voorts:

“Die polisie het aanhou voete sleep ondanks die uitreiking van drie hofbevele wat met dieselfde voorval verband hou, [which] dit is uiters betreurenswaardig.

“Gegrond op die volle getuienis is die hof se gevolgtrekking [is] dat die polisie se houding in die bestuur van die staking bloot reaksionêr was en dat ʼn ongeërgde houding ingeneem is.”

Die VF Plus sê altyd daar is baie goeie polisielede wat hul werk getrou doen. Daar is ongelukkig ook baie vrot appels wat hul leiding neem op die hoogste polisievlak en nie erns het met hul werk nie.

Hierdie uitspraak sal hopelik daartoe bydra om ʼn groter dringendheid by dat die polisie te skep om hul werk te doen en op hofbevele te reageer.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.