fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie in Gauteng bevestig dat agtien sekuriteitsbeamptes gesterf en 81 beseer is in vorige finansiële boekjaar in transitorooftogte

Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het in ‘n geskrewe vraag van die VF Plus bevestig dat 61 transitorooftogte in die vorige finansiële jaar uitgevoer is waarin agtien sekuriteitsbeamptes doodgeskiet en 81 beseer is. In die eerste drie maande van 2020 is reeds 26 transitorooftogte aangemeld.

Transitorooftog-sindikate is in die meeste gevalle goed opgelei en beter bewapen as die polisie wat dikwels uitdagings moet oorkom soos ‘n tekort aan mannekrag, voertuie, wapens en opleiding.

Die VF Plus het die afgelope jaar verskeie keer die polisie gevra om veiligheidsmaatreëls op te skerp en veral om sy lugvleuel weer in volle werking te stel omdat lugondersteuning ‘n kardinale rol speel met die bekamping van ernstige misdaad.

Die party het ook die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, versoek om in die beste belang van die gemeenskap op te tree deur toe te sien dat die polisie die nodige hulpmiddels het om hul werk na behore uit te voer.

Die VF Plus sal onverpoos druk op Mazibuko plaas om die veiligheid van inwoners eerste te stel.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.