fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasmoorde en -aanvalle moet nou tot prioriteitsmisdaad verklaar word

Vrystaat Landbou (VL) se jongste statistiek herbevestig die VF Plus se eis dat plaasmoorde en -aanvalle tot prioriteitsmisdaad geklassifiseer moet word.

Die statistiek toon dat terwyl daar sowat 230 plaasaanvalle van April 2019 tot Mei 2023 in die Vrystaat plaasgevind het en 54 mense tydens hierdie aanvalle vermoor is, is daar slegs 36 verdagtes in hegtenis geneem.

Slegs vyf beskuldigdes in plaasmoordsake is die afgelope vier jaar aan moord skuldig bevind.

Die VF Plus eis reeds vir etlike jare dat plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word omdat hierdie misdade gewoonlik kompleks is met spesifieke eienskappe en daarom sal kundiges met die nodige ervaring en opleiding die misdade meer effektief kan ondersoek.

Dit sal ook die nodige hulpbronne beskikbaar stel om voorkomende optrede moontlik te maak.

Die goeie samewerking wat tans tussen boeregemeenskappe en veiligheidsstrukture heers, moet gefasiliteer word deur ʼn gespesialiseerde eenheid in die polisie sodat strategieë ontwikkel kan word om die veiligheid van boere en plaaswerkers te bevorder daar waar hierdie stelsels nog nie in plek is nie.

Dit is duidelik dat landelike beveiliging nie ʼn prioriteit vir die ANC-regering is nie.

Hierdie soort misdaad moet nou tot prioriteitsmisdaad geklassifiseer word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.