fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasaanvalle buite beheer, regering maak geen erns met krisis

Die VF Plus het sy skok en afgryse uitgespreek oor die mees onlangse plaasaanval wat Sondagaand, 5 Maart 2017 op ‘n plaas buite Warden plaasgevind het.

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat en ook ‘n boer in die omgewing, het gesê dat drie aanvallers mnr. CT Steyn Sondagaand in sy huis aangeval en met ‘n mes in die bors gesteek het. Steyn kon eers ongeveer middernag daarin slaag om hulp te ontbied.

Hy is ernstig beseer, maar is tans in ‘n bestendige toestand in die hospitaal. Die aanvallers het geld en vuurwapens geëis en het met Steyn se selfoon en bakkie op die vlug geslaan.

Van Niekerk het gesê dat hierdie geweldige en toenemende krisis voor die ANC-regering se deur gelê moet word. In die parlement word debatte oor grondonteïening toegelaat, maar ‘n debat oor plaasaanvalle word geweier.

Opruiende uitsprake en aanhitsing tot geweld deur politici en op sosiale media word ook toegelaat. Die VF Plus meen dat die regering se landelike beveiligingsplan faal en die ontoereikende polisiëring en misdaadvoorkoming direk verantwoordelik is vir die toename in plaasaanvalle.

Aangesien die regering geen erns met die saak maak nie, sal boere op hulself aangewese wees om hulself, hul gesinne, hul eiendom en mekaar te beskerm. Hoeveel gesinne moet nog vernietig word, hoeveel lewens en werke moet nog verlore gaan voor die regering wakker skrik en besef dat ons boere uitgemoor en ons voedselsekerheid bedreig word?

 

Kontakbesonderhede: 083 743 2042 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.