fbpx
Vryheidsfront Plus

LUR moet verantwoordelikheid aanvaar vir die Charlotte Maxeke Hospitaal-tragedie

Die VF Plus in Gauteng het aangedui dat die LUR vir Infrastruktuur en Ontwikkeling, Jacob Mamabolo, verantwoordelikheid moet aanvaar vir die ineenstorting van die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg se dak verlede week.

Volgens mediaberigte die afgelope naweek, het personeel by die hospitaal aangedui dat 'n gedeelte van die kliniek se dak reeds op 23 Januarie vanjaar inmekaar geval het. Een van die personeellede het beweer dat die LUR se verklaring dat die res van die gebou veilig is, vals is. (News24 – 03 Maart 2017).

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het op grond van hierdie bewerings gesê dat LUR Mamabolo direk verantwoordelikheid moet aanvaar vir die dak se ineenstorting en dat die VF Plus die LUR se kantoor gaan vra vir 'n volledige verslag rondom die geskiktheid van die hospitaal vir verdere gebruik. Die LUR sal veertien dae gegun word om die verslag uit te reik.

"Die VF Plus gaan nou alle druk op die LUR plaas. Ons is van mening dat die beweringe rondom die LUR se vals verklarings in 'n baie ernstige lig beskou moet word en dat hierdie bewerings nie geïgnoreer kan word nie. LUR Mamabolo is 'n baie omstrede LUR wat ook die voorsitter is van die SAKP in Gauteng. Mamabolo is in 2016 as LUR van Tradisionele Sake en Plaaslike regering (COGTA) deur Paul Mashitele vervang omrede die betrokke departement van behuising in die grond in bestuur was. Wat egter die ware stand van die skuif was, word sedert 2016 deur die ANC en die premier, David Makhura, verswyg en dit bevestig ons standpunt.”

Van Staden het bygevoeg dat indien verslae aandui dat die hospitaal nie verder geskik is vir gebruik nie, die hospitaal dadelik gesluit sal moet word vir herstelwerk. Indien laasgenoemde nie moontlik gaan wees nie, moet 'n nuwe hospitaal gebou word.

Die LUR het tyd tot 20 Maart 2017 om die verslag aan die VF Plus beskikbaar te stel.

 

Tel: 084 015 4722 / 060 556 4347 / 012-772 4410

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.