fbpx
Vryheidsfront Plus

Raadsvergadering oor aansuiweringsbegroting ongeldig

Die VF Plus het verlede Vrydag uit ‘n spesiale vergadering van die Mangaung-metroraad gestap weens die ongeldigheid van die vergadering as gevolg van gebrek aan publieke insae in die 2016/2017-aansuiweringsbegroting, aldus Devar Smit, VF Plus-raadslid in die metro.

“Afgesien van die feit dat die VF Plus nie die aansuiweringsbegroting, wat voorsiening maak vir onder andere R654 miljoen se ongemagtigde uitgawes, aanvaar nie, is die vergadering ook nie behoorlik weens wetlike voorskrifte geadverteer nie,” het Smit gesê.

Wetgewing vereis dat publieke kennisgewings uitgereik moet word ter insae van die publiek en om deursigtigheid van die proses te verseker. Die Speaker van die raad, mnr. Mxolisi Siyanzana het onvoldoende redes aangevoer oor waarom die vergadering nie behoorlik geadverteer is nie.

Hierdie oorsig dui op die regerende party se minagting van wetlike prosesse en die behoorlike toepassing daarvan, sowel as hul minagting vir die inwoners van Mangaung en die insae wat hulle in sulke prosesse behoort te hê.

Die aansuiweringsbegroting self spreek weereens van die ANC se onvermoë om die metro behoorlik te bestuur, aangesien dieselfde items jaarliks in die begroting reggestel moet word omdat amptenare nie daartoe in staat is om behoorlik te begroot nie.

 

Kontakbesonderhede: 084 206 3375

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.