fbpx
Vryheidsfront Plus

Plaasaanval: Boere in Mara-omgewing nou geteiken

Die jongste plaasaanval vanoggend om 01:30 op die plaas Goedgedacht in die Mara-omgewing wys dat boere in dié gebied nou geteiken word.

‘n Vrou is in haar been gewond en sterk tans aan in ’n plaaslike hospitaal op Polokwane (Pietersburg).

Plaaswagte is steeds besig om saam met die polisie na die verdagtes te soek.

Die VF Plus in Limpopo het in September vanjaar ’n petisie geloods om die regering te dwing om plaasmoorde en -aanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

Die uitslag van die petisie sal aan die polisiekommissaris van Limpopo, lt.genl.. Monica Thembi Hadebe, oorhandig word.

Die VF Plus doen 'n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om die petisie te onderteken om die dringendheid en erns van die saak onder die regering se aandag te bring.

Die petisie kan geteken word by die volgende skakel: https://chng.it/wymRp7MgZm

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.