fbpx
Vryheidsfront Plus

Paul Kruger se verjaarsdag wys op belang van ‘n volk se geskiedenis

Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit ‘n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus.

Dr. Mulder sê die feit dat Kruger se geboorte nie meer deur ‘n amptelike vakansiedag in die herinnering geroep word nie, asook gewysigde skoolleerplanne wat nie die geskiedenis van die Afrikaner belig nie, ontneem jong mense die kennis van hul agtergrond en kultuur.

“Die ANC het die geskiedenisboeke herskryf en daarom rus daar ‘n groot plig en verantwoordelikheid op alle Afrikaners om die kennis oor sy agtergrond, geskiedenis en kultuur van generasie to generasie oor te dra.

“‘n Volk se geskiedenis is die rots en fondament waarop sy toekoms gebou word,” sê dr. Mulder.

Oor Paul Kruger sê dr. Mulder hy het ’n prominente rol gespeel om die ou Transvaalse Republiek van ’n agterlike arm en onderontwikkelde staatjie te ontwikkel tot ’n moderne staat van sy tyd. ’n Staat erken deur die wêreld met ambassadeurs van al die groot moondhede van daardie tyd in Pretoria.

Hy het verskillende groeperinge Afrikaners, wat elk ’n eie republiek wou stig, met geduld bymekaar gebring om dit moontlik te maak. Dit het verder behels om ’n staatsdiens, regstelsel en ekonomie te vestig sonder dat hy ooit enige opleiding hierin gehad het.

Met net ’n basiese skoolonderrig, wat hy tuis ontvang het, het Kruger nie ’n duim teruggestaan vir die meerderwaardige Britse staatsmanne met hulle Oxford- en Cambridge grade met wie hy meer as een keer moes onderhandel nie. Talle staaltjies word vertel oor hoe hy moeilike probleme met eenvoudige “boere-wysheid” opgelos het.

Kruger het ongeag al die negatiewe propaganda oor die verlede, goeie verhoudinge met meeste swart stamme gehandhaaf.

So is die Kruger familie-Bybel deur die familie tydens die Anglo-Boere-oorlog aan die Magato-stam van Rustenburg oorhandig vir veilige bewaring om dit uit die hande van die Britte te hou. Dit sê veel van verhoudinge.

Na sy afsterwe het die Franse aan hom hulde gebring met die boodskap: “Die leier van ’n klein volk, wat staan vir ’n groot idee.”

 

Dr. Pieter Mulder

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.