fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementslede moet voorbeeld stel van hoe om nie op te tree nie

Sestien dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders: Die rol van mans in die bekamping van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord

Die probleem van geslagsgeweld in Suid-Afrika sal nie opgelos word solank as wat ons as parlementslede nie die voorbeeld stel oor hoe om nie op te tree teenoor mekaar nie.

Dit is van kritieke belang om nie net individuele gevalle van geweld te bekamp nie, maar ook die sistemiese vorme daarvan.

Te dikwels is daar ʼn kultuur van aanhitsing, verdeeldheid, geweld, rassisme en beledigings in die parlement wat ʼn sein aan die breë gemeenskap stuur dat hierdie soort gedrag aanvaarbaar en die norm in Suid-Afrika is.

As parlementslede moet ons ʼn voorbeeld stel met sinvolle debat oor die toekoms en ons weerhou van blaamverskuiwing en sinnelose beledigings.

Geweld teen vroue en kinders het ʼn multidimensionele uitwerking op die algehele gesondheid van ʼn ekonomie, beide op kort- en lang termyn.

Op kort termyn sal mishandelde vroue waarskynlik minder ure werk en minder produktief wees wanneer hulle werk.

Op die lang termyn kan hoë vlakke van gesinsgeweld die aantal vroue in die arbeidsmag verminder en vroue se aanleer van vaardighede en opvoeding verminder.

In die algemeen kan dit investering belemmer omdat meer openbare hulpbronne na gesondheids- en geregtelike dienste gekanaliseer moet word.

Geweld teen vroue en kinders ken geen grense van geografie of kultuur nie – maar diegene wat in armoede leef, beleef hoër vlakke van mishandeling.

Mans ervaar ook baie vorme van geweld – vanaf seksuele aanranding en rassisme tot homofobie, klassisme en armoede.

Om ‘n sinvolle beweging te skep om geweld te beëindig, moet alle vorme van geweld teengestaan word.

Mans moet die verantwoordelikheid neem vir die mag wat hulle het, hul optrede en gedrag.

Almal, ongeag ras of geslag moet hulself afvra of hulle nie bydra tot geweld met woorde of stilte nie.

Suid-Afrikaanse mans en vroue moet hul sienings oor geweld herbesin en heroorweeg. Saam kan ons die plaag van geslagsgeweld in Suid-Afrika uitroei.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.