fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku oor onderbesteding op kapitaalprojekte in JB Marks

Die VF Plus het vandag tydens ʼn raadsitting van die ANC-beheerde JB Marks-plaaslike munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, uitgewys dat die munisipaliteit weer die risiko loop om miljoene rand te verloor weens die onderbesteding van kapitaaltoelae wat van die provinsiale regering ontvang word.

In die vorige finansiële jaar moes JB Marks R49 miljoen aan die Noordwes-provinsiale regering terugbetaal weens onderbesteding. Dít in ʼn munisipaliteit waar infrastruktuur hand oor hand verval en van die ontwikkeling- en opgradering daarvan weinig sprake is.

Die munisipaliteit is tans reeds 51% agter met sy kapitaalbestedingsdoelwitte vir die jaar. Dit is totaal onaanvaarbaar en die VF Plus het aangedring dat stappe geneem word teen diegene wat die munisipaliteit aan finansiële risiko’s blootstel.

Die VF Plus het ook verskeie ander proseduriële- en finansiële stelselgebreke in die kwartaallikse finansiële state wat aan die raad voorgelê is, uitgewys.

Die stand van finansiële bestuur in JB Marks is kommerwekkend, maar gegewe die swak bestuur van opeenvolgende ANC-administrasies in die gebied, nie onverwags nie.

Die VF Plus sal aanhou stry vir ʼn skoon en professionele munisipale administrasie in JB Marks.

Dit is noodsaaklik dat die ANC uit regering verwyder word en vervang word met ʼn bevoegde koalisie waarvan die VF Plus deel is.

Saam sal ons Suid-Afrika bou en herstel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.