fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Parlement – Parlement moet toesig hê oor president

Die tyd het aangebreek dat die parlement ook ‘n toesigrol begin speel oor die president en die kantoor van die president. Suid-Afrika se Grondwet vereis dit en dit kan nie langer oor die hoof gesien word nie.

Artikel 55(2)(a) en (b) van die Grondwet lui die nasionale vergadering moet voorsiening maak vir meganismes om “te verseker dat alle uitvoerende staatsorgane in die nasionale regeringsfeer aan hom verantwoording doen” en om toesig te hou oor (i) “…die uitoefening van nasionale uitvoerende gesag, met inbegrip van die uitvoering van wetgewing…”

Daar moet ook nie net gevolge wees vir lede van die uitvoerende gesag wat oortredings begaan nie, maar ook teen lede van die parlement wat hulle aan wangedrag skuldig maak soos wel gereeld gebeur.

Die EFF het met sy aankoms by die parlement in 2014 gesê hy wil ‘n revolusie na die parlement bring, en hy staan steeds by dié standpunt. Die parlement is nie die plek vir revolusie nie, maar vir debatvoering. Indien jy nie met gesonde argumente kan oortuig nie, kan jy nie probeer om ander te intimideer nie. Dit is nie debatvoering nie.

Net verlede week is lede van die EFF uit die nasionale vergadering gesit na hul ontwrigtende optrede tydens die debat van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. Hulle is bloot van daar na ‘n ander sitting waar hulle verder deelgeneem het aan daardie debat.

Daar was geen gevolge vir hul optrede nie. Dit is onaanvaarbare gedrag en kan nie toegelaat word nie. Lede wat hulle wangedra, moet nie net uit ‘n raadsaal verwyder word nie, maar moet van die parlement se gronde verwyder word.

Die VF Plus se voorstel is dat die wangedrag van die EFF gestraf moet word deur geld van oortreders se salarisse af te trek totdat hulle nie meer hul uitspattig klererekeninge of duur Duitse motors kan betaal nie.

Die geloofwaardigheid en die integriteit van die parlement moet herstel word na die laagtepunt van Nkandla met die vorige parlement.

Daardie geleentheid is nou daar en die VF Plus onderneem om dit te help onderstel tot ‘n instelling waarop die publiek geregtig is. Net so min sal die VF Plus toelaat dat die parlement verder ondermyn word deur diegene wat revolusie najaag.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.