fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Justisie en grondwetlike ontwikkeling – ANC ondermyn Grondwet en geregtigheid

Suid-Afrika het 'n moderne, progressiewe Grondwet, maar die implementering van wette en beleid is swak, grondwetlike waardes word verwater en die regering en ander staatsinstellings staan koud teenoor hul wetlike verpligtinge wat beteken dat die grondwetlike waarborge nie realiseer nie.

In ‘n omgewing waar bedrog en bewerings van staatskaping en ander ongerymdhede hoogty vier in die hoogste regeringskringe, is die departement van justisie is veronderstel om die Grondwet van Suid Afrika en die oppergesag van die reg te handhaaf en beskerm. ‘n Nasionale direkteur van openbare vervolging is hier van kardinale belang.

Die departement van justisie onder die nuwe administrasie van pres. Cyril Ramaphosa moet nou bewys lewer dat hy anders as voorheen, Suid-Afrika en sy mense eerste gaan plaas.

Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) het meer as 50 000 sake ondersoek sedert 2016. Hiervan is 35 000 afgehandel. Dit beteken daar is steeds 15 000 ondersoeke nie afgehandel nie. Baie hiervan is ernstige sake waarby munisipaliteite betrokke is en waar die regering nie sy oorsigrol na behore vertolk het of opgetree het waar oortredings begaan is nie.

Nieteenstaande talle navrae van die VF Plus oor van hierdie uitstaande sake, is geen terugvoer van die OB ontvang nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het in 2017 bevind die OB, adv. Busisiwe Mkhwebane, se aanbeveling oor die mandaat van die Reserwebank was irrasioneel. Daar was verdere bevindings oor die Estina-projek en die OB se versuim om op te tree by Petro SA waar in een jaar R14,5 miljard rand verlore gegaan het.

Die kantoor van die OB wek tans nie die vertroue van die publiek nie en die indruk word gewek dat die kantoor misbruik word in die belang van interne faksiegevegte in die ANC. Dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat belastinggeld ook op hierdie wyse verkwis word.

Reg en orde is onder beleg en met die beginsel van onteiening sonder vergoeding stuur dit af op ‘n herhaling van wat in Zimbabwe gebeur het. Die ANC verander bloot Suid-Afrika se Grondwet om onwettige optrede wettig te maak.

Die krimpende Suid-Afrikaanse ekonomie moet dien as waarskuwing dat die departement van justisie en die hoofstuk nege-instellings onder ‘n ANC-regering onder toenemende druk sal kom om die land se grondwetlike demokrasie in stand te hou.

Die Vryheidsfront Plus sal voortgaan om in dié verband as waghond op te tree in die belang van alle Suid-Afrikaners en sal aanhou veg vir vryheid en geregtigheid.

Kontaknommer: 082 466 3786

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.