Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dienstebetogings bedreig mense se veiligheid

Die voorval by Uniondale in die Suid-Kaap waarin ‘n boer luidens mediaberigte op betogers geskiet het wat glo aan gewelddadige protesoptogte deelgeneem het en paaie versper het, dien as bewys dat diensbetogings lewensverlies tot gevolg kan hê deurdat lede van die publiek kan voel dat hul veiligheid bedreig word.

Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord teen die man, maar die vraag moet gevra word tot in watter mate daar ‘n bedreiging was vir hom, sy gesin en sy eiendom.

Elke persoon in Suid-Afrika het die grondwetlike reg om sy of haar veiligheid, asook dié van hul gesin, te beskerm en om skade aan hul eiendom te voorkom. Gewelddadige diensbetogings kan daartoe lei dat mense geweld moet gebruik om hierdie reg uit te oefen.

‘n Ondersoek na die voorval moet so gou moontlik afgehandel word om te bepaal of die boer wel in selfverdediging opgetree het en of hy die nodige geweld moes gebruik om hom en sy gesin te beskerm.

Dit is jammer dat hier verwys word na ‘n boer en sodoende die boere en die landbougemeenskap van Suid-Afrika te etiketteer as mense wat skietlustig is en nie respek het vir lewe nie terwyl die teendeel waar is, naamlik dat elkeen die reg het om homself te verdedig en te beskerm.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.