Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Basiese onderwys – Dekolonisering van onderwys nie net kulturele luuksheid is nie, maar ekonomiese noodsaaklikheid

Die dekolonisering van onderwys is nie net ’n kulturele luuksheid is nie, maar ’n ekonomiese noodsaaklikheid.

Solank as wat kinders die wêreld van kennis en wetenskap deur die medium van ’n vreemde taal moet binnegaan, só lank sal breedgebaseerde ekonomiese bemagtiging slegs ’n droom bly.

Die gekoloniseerde denkpatroon kom daarop neer dat die taal, kennisstelsel, waardestelsel en historiese narratief van ’n verwyderde metropool belangriker geag word as die taal, kennisstelsel en historiese narratief van die plaaslike gemeenskap.

Volgens die VF Plus het onderwys sy oorsprong by die kultuurgemeenskap, met die staat bloot in ’n oorsigrol. In ’n gedekoloniseerde land behoort onderwysvoorsiening nie by provinsies te berus nie, maar by kultuurgemeenskappe.

Indien sekere gemeenskappe hierdie bevoegdheid na die staat of provinsie wil delegeer, skep dit nie die verpligting by ander om dieselfde te doen nie.

In ’n vorige debat het die minister van hoër onderwys op stellings van die VF Plus oor dié onderwerp gereageer deur te sê hy erken Afrikaners se dekoloniserende onderwysverlede, maar kan nie begryp waarom Afrikaners later met imperiale magte saamgespan het om swart mense te onderdruk nie.

Die VF Plus se teenvraag is waarom die ANC na magsoorname koloniale strukture gebruik om Afrikaners op onderwysvlak te onderdruk.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.