fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

OVK ondersoek nou ANC-advertensieborde in Gauteng

Die Openbare Beskermer (OB) het ‘n klag van die VF Plus oor die propagandistiese advertensieborde in ANC-kleure wat die provinsiale regering van Gauteng enkele maande gelede langs paaie in dié provinsie opgerig het, na die OVK verwys.

Dit volg nadat dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, in November verlede jaar ‘n amptelike klag oor die borde by die OB ingedien het.

In sy brief aan die OB het dr. Mulder gesê die 51 reuse advertensieborde is ’n ernstige bedreiging vir die Suid-Afrikaanse demokrasie aangesien dit ’n vry en regverdige verkiesing vanjaar onmoontlik maak.

“In geen volwasse demokrasie sal dit toegelaat word dat propagandistiese advertensies in die regerende party se kleure tydens ’n verkiesing deur belastingbetalersgeld betaal word nie. Opposisiepartye se kiesers betaal dus vir ANC-propaganda tydens die verkiesing.

“Dit maak die speelveld totaal ongelyk aangesien ander politieke partye op geen wyse uit eie fondse met die regerende party kan meeding nie. Die VF Plus dring steeds daarop aan dat die borde sonder meer verwyder moet word aangesien dit reeds langer as twee maande die ANC bevoordeel.

“Ons sal druk op die OVK plaas om die saak deeglik te ondersoek aangesien dit die geloofwaardigheid van die verkiesing in die gedrang kan bring,” sê dr. Mulder.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.