fbpx
Vryheidsfront Plus

Oudit kan help om mites rondom grondbesit uit die weg te ruim

Die lang verwagte ouditverslag oor grond in Suid-Afrika kan hopelik binnekort help om mites rondom grondbesit uit die weg te ruim wat tans deur politici vir skadelike retoriek misbruik word, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Pus.

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het in antwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag van dr. Groenewald geantwoord dat die tweede fase van dié grondoudit teen einde Oktober vanjaar beskikbaar gestel sal word. (Vraag en antwoord hierby aangeheg).

Die oudit was reeds by die kabinet en luidens die minister se antwoord is dit in Junie vanjaar terugverwys sodat die departement finale aanbevelings kan maak.

Dr. Groenewald sê daar word al lank na die verslag uitgesien aangesien dit sal aandui watter persentasie van grond in Suid-Afrika besit word deur wit, swart, bruin en Indiërs. Selfs die persentasie wat deur buitelanders besit word, sal aangedui word.

“Die verslag is noodsaaklik veral om die retoriek wat deur die politici gebruik word dat wittes 80% van die land se grond besit terwyl reeds aangetoon is dat die staat 14% besit, die nek ingeslaan word.

“Die VF Plus hoop dat die verslag deeglik en akkuraat sal wees sodat skadelike populêre politieke uitsprake gestaak kan word en dat daar op behoorlike feite wat grondhervorming aanbetref, gereageer word,” sê dr. Groenewald.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

NATIONAL ASSEMBLY
WITTEN REPLY

QUESTION 2607

INTERNAL QUESTION PAPER [No 31-2017 FIFTH PARLIAMENT]
DATE OF PUBLICATION: 1 SEPTEMBER 2017

2607. Dr P J Groenewald (FF Plus) ask the Minister of Rural Development and Land Reform: †

(1) When the land audit, which according to him is in Cabinet possession, will be made public;

(2) why is there a delay regarding the publication of the land audit;

(3) whether he will make a statement about the matter? NW2912A

THE MINISTER OF RURAL DEVELOPMENT AND LAND REFORM:

(1) The estimated date after the cabinet process is 31Octo 2017

(2) The report was considered by Cabinet in June and was returned to the Department for the development of definitive proposal.

(3) No.

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.