fbpx
Vryheidsfront Plus

Nog miljoene rand in water weens Mafube-munisipaliteit (Frankfort, Villiers, Cornelia en Tweeling) se laksheid

Die VF Plus verwelkom die feit dat die Mafube-plaaslike munisipaliteit uitstaande skuld ten opsigte van vullisverwydering vir Mei en Junie vanjaar afgeskryf het. Die skuld van nagenoeg R2 miljoen is gedurende ‘n raadsvergadering afgeskryf weens ‘n uitgerekte staking waartydens geen dienslewering plaasgevind het nie, sê Jan Oost, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Volgens Oost is dit egter betreurenswaardig dat die reeds sukkelende munisipaliteit van sy broodnodige inkomste moet afskryf omdat hy onder huidige bestuur steeds nie sy diensleweringsverpligtinge kan nakom nie.

“Dit is ook nie aanvaarbaar dat slegs Mei en Junie se skuld afgeskryf word nie, want vuisvoos verbruikers ontvang steeds nie behoorlike dienslewering nie. Die bedrag wat afgeskryf behoort te word, is dus veel nader aan R5 miljoen.

“Dit sou veel meer sinvol gewees het om die nodige gereedskap aan munisipale werkers te voorsien om hul werk mee te verrig as om die ewig groeiende diensleweringskrisis te probeer afweer deur skuld vir dienste wat nie gelewer word nie af te skryf.”

Volgens Oost is daar verlede week verkeerdelik berig dat die munisipaliteit weer staak.

Die werkers kon nie hul werk verrig nie, omdat hulle nie van die nodige toerusting voorsien is nie. So ook het die administrateurs nagelaat om die lisensiëringsfooie vir die hernuwing van munisipale voertuie se lisensies te betaal en kon die voertuie dus nie gebruik word om onder andere vullis te verwyder nie.

“Die ANC-beheerde munisipale bestuur se verkeerde prioriteite en selfdienende neigings het tot die ineenstorting van die Mafube-munisipaliteit gelei. Hier is ‘n veel groter ingryping nodig alvorens verandering bewerkstellig sal word en die VF Plus sal nie rus voor daar verandering in Mafube kom nie,” sê Oost.

Kontakbesonderhede: 079 517 8059

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.