fbpx
Vryheidsfront Plus

Ou kraginfrastruktuur en personeeltekort hou Ekurhuleni-inwoners in die donker

Ou en vervalle kraginfrastruktuur en ʼn tekort aan personeel is waarskynlik die hoofredes waarom Elsburg in Germiston ná sewe dae steeds sonder krag is.

Die omgewing van Dinwiddie, Castleview, Wadeville en Elsburg se elektrisiteit is verlede week onderbreek weens kabelfoute. Die elektrisiteit is intussen na al die gebiede herstel behalwe na Elsburg.

Weens die veelvuldige herstelwerk aan kragkabels het ʼn personeeltekort onstaan en kon die werk nie binne ʼn week afgehandel word nie.

Die kragonderbreking het ook ʼn impak gehad op die Bothastraat-substasie en die minisubstasie in Swartstraat.

Dit is duidelik dat die Ekurhuleni-metro se elektriese departement beter sal moet beplan om situasies soos hierdie te hanteer.

Gereelde instandhouding van kraginfrastruktuur en die aanstel van bevoegde personeel is van uiterste belang.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.