fbpx
Vryheidsfront Plus

Optrede van Mashatile se beskermingspersoneel onaanvaarbaar

Die VF Plus veroordeel die optrede van die polisie se BBP-beskermingslede van adjunkpresident Paul Mashatile wat betrokke was by die aanranding van motoriste op die N1 in Johannesburg, ten sterkste.

Adj.pres. Mashatile het vandag in ’n amptelike verklaring bevestig dat hy kennis dra van die voorval en dat die lede wel aan hom toegewys is.

Luidens die verklaring het hy die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, gevra om die voorval te ondersoek en die nodige stappe teen die lede te neem.

Vir die VF Plus laat hierdie misdadige boeliegedrag vrae ontstaan oor die opleiding en professionaliteit van die lede. Indien hulle professioneel opgelei was, sou hulle geweet het om hul humeur te beteuel, ongeag die situasie.

Dit is onaanvaarbaar vir lede van so ’n spesialiseenheid om op hierdie wyse op te tree en mense uit hul voertuie te sleep en aan te rand.

Dit skep boonop ’n sekuriteitsrisiko vir die persoon wat veronderstel is om beskerm te word.

Daar sal baie sterk opgetree moet word teen die betrokkenes. Hulle is duidelik nie geskik om te werk vir die BBP-beskermingsdiens nie en hulle sleep die naam van die eenheid deur die modder.

Die lede behoort onmiddellik geskors te word en daar moet dissiplinêr teen hulle opgetree word. Opod moet die aangeleentheid ook ondersoek.

Ek sal vra dat die parlement se portefeuljekomitee oor polisie die saak verder opvolg. Die minister sal moet verduidelik waarom die lede so aggressief opgetree het.

Die regering se bloulig-konvooie het reeds ’n swak reputasie onder die publiek opgebou en wat hier gebeur het, mag nie langer geduld word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.