fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare Beskermer tree op in Ekurhuleni na VF Plus-klagte

Die Openbare Beskermer (OB) het die afgelope week in ‘n gesprek met die VF Plus sterk standpunt ingeneem teen ongerymdhede en beweerde korrupsie by Ekurhuleni se departement van menslike nedersettings, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling.

Volgens adv. Alberts het ‘n afgevaardigde van die OB sy kommer uitgespreek oor verskeie probleme by laekoste-behuisingseenhede aan die Oos-Rand, veral in Tweedy Park in Brakpan en Farrarmere Gardens in Benoni, en het voorstelle aan die hand gedoen om die probleme te behandel en op te los.

Dit volg op ‘n versoek wat die VF Plus in April verlede jaar aan die OB gerig het om ondersoek te doen na talle bewerings van wanadministrasie en korrupsie in die departement. Die OB is genader nadat die klagtes geen aandag gekry het by die Ekurhuleni-metro nie.

Van die klagtes is dat amptenare wat verantwoordelik is vir die bestuur en toekenning van woonplek in die nedersettings omkoopgeld ontvang om aansoekers hoër op waglyste te plaas, en dat geen onderhoud aan die geboue gedoen word nie. Die OB het die volgende aanbeveel:

 

Volgens adv. Alberts is die OB se samewerking en bevinding baie bemoedigend. “Die VF Plus staan maatskaplike geregtigheid voor en die staat moet in hierdie geval verantwoordelikheid aanvaar vir die swak bestuur wat tot die probleme gelei het,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.