Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Oos-Kaapse begroting: Begroting vir gemeenskapsveiligheid in Oos-Kaap totaal onvoldoende

Die Oos-Kaap se provinsiale begroting vir 2025/26, met spesifieke verwysing na die skamele R153 miljoen wat aan gemeenskapsveiligheid toegeken is, is onaanvaarbaar.

Hierdie bedrag is totaal onvoldoende vir ‘n provinsie wat gebuk gaan onder ‘n misdaadkrisis.

Nelson Mandelabaai, een van die twee metro’s in die Oos-Kaap, word as een van die tien gevaarlikste metro’s ter wêreld beskou, met ‘n moordsyfer van gemiddeld 2.5 per dag. Die VF Plus meen dat die provinsiale regering se toewysing aan gemeenskapsveiligheid nie die dringendheid van die situasie weerspieël nie.

Wat gesondheidsorg aanbetref, moet meriete bo kaderontplooiing gestel word.

Die R1 miljard wat bewillig is vir die aanstelling van 1 510 dokters en verpleegsters word verwelkom, maar hierdie poste moet op meriete toegeken word.

Voorkeur moet gegee word aan plaaslike gesondheidswerkers en die aanstelling van Kubaanse dokters moet gestaak word aangesien talle Suid-Afrikaanse mediese personeel werkloos is.

Hospitale en klinieke in die provinsie is in ‘n haglike toestand en die VF Plus dring aan op dringende instandhouding van gesondheidsgeriewe.

Oor werkskepping beskou die VF Plus die planlose beloftes van premier Oscar Mabuyane oor werkskepping in sy openingsrede as leë, betekenislose woorde.

Die begroting in sy geheel bied geen konkrete strategie om volhoubare werksgeleenthede te skep nie, ondanks die provinsie se hoë werkloosheidsyfer.

Ander kommerwekkende kwessies is die onvoldoende befondsing van padinfrastruktuur, onderwys en rampbestuur.

Die R5.9 miljard vir vervoer is gewis te min gegewe die verslegtende toestand van paaie, terwyl die R295.5 miljoen vir rampbestuur nie voldoende is om langtermynoplossings vir natuurrampe te bied nie.

Die VF Plus kan die begroting nie steun nie aangesien dit nie die werklike behoeftes van die Oos-Kaap se inwoners aanspreek nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.