fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Ooreenkoms kan einde bring aan staking by poskantoor wat in ‘n skrywe erken sy toekoms is in die weegskaal

Uit skrywes in die VF Plus se besit blyk dit dat ‘n ooreenkoms moontlik bereik is in die uitgerekte poskantoorstaking en werkers word in ‘n interne memorandum aangesê om ‘onmiddellik’ terug te keer werk toe om die poskantoor weer ‘op te bou’.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, sê ‘n forum van leiers het ooreengekom op ‘n verhoging van 6,5% en dat dit terugwerkend is tot 1 April 2014. Alle nie-permanente werkers sal ook geleidelik in vaste poste ingefaseer word in ‘n proses wat ‘nie langer nie’ as twee jaar sal duur.

Die dokument is op 14 November onderteken deur mnre. Andrew Sithole van SAPAWU, Alfred Msinto van DEPACU en M. Mathonsi waarnemende groepsbestuurshoof van die SA Poskantoor (SAPO).

Volgens adv. Alberts kan die proses steeds gekelder word deur die Communication Workers Union (CWU) wat 39% van die poskantoor se werkers verteenwoordig en wat aandring op ‘n verhoging van 7,5% en ‘n terugdateringsperiode wat strek tot Januarie vanjaar.

Al die rolspelers wat die jongste skikking bereik het, het hul vertroue uitgespreek dat die CWU wel deel sal raak van die ooreenkoms.

Luidens ‘n onlangse interne memorandum in die VF Plus se besit, word gesê dat dienslewering reeds verbeter het en word die beroep op werkers gedoen om terug te keer werk toe om die poskantoor ‘weer op te bou’.

Dit blyk ook uit die skrywe dat die poskantoor nader aan die afgrond was as wat die staat wou erken aangesien daar selfs verwys word na die ‘hergeboorte’ van dié staats-nutsmaatskappy.

Dit word egter duidelik gestel dat die poskantoor en die werkers se toekoms steeds in die weegskaal is en dat die volle toewyding van elke werker nodig is om weer winsgewend te raak.

“Dit is in die belang van Suid-Afrika dat hierdie staking nou tot ‘n einde kom. Dit het reeds groot skade aangerig en het ‘n verlammende effek met reuse verliese op baie maatskappy gehad. Die minister (van telekommunikasie en die posdiens, Siyabonga Cwele) sal sterk moet optree om die CWU deel van die ooreenkoms te maak,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.