Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onwettige storting van rommel in Boksburg ʼn gesondheids- en omgewingsgevaar

Die voortdurende en grootskaalse onwettige storting van bourommel en vullis in die Blue Sky-nedersetting in Boksburg, kan nie langer voortduur nie en hou ernstige gesondheids- en omgewingsrisiko’s in vir inwoners van dié gebied.

Daar word daagliks sowat 30 vragte bourommel en vullis onwettig hier gestort sonder enige gevolge vir die oortreders.

Die VF Plus het ʼn beroep op die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) gedoen om streng op te tree en die onwettige stortings stop te sit.

Die party het ook in ʼn skrywe aan die Ekurhuleni-metro se burgemeesterskomiteelid vir omgewingsbewaring en afvalbestuur, Leshaka Manamela, geёis dat die gebied skoongemaak en behoorlik bestuur word.

Die VF Plus sal self die Blue Sky-omgewing gereeld besoek om vas te stel of die departement sy verantwoordelikheid nakom.

Indien die metro in gebreke bly, sal die party die saak rapporteer aan die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Jacob Mamabolo, asook die LUR vir omgewingsake, Ewan Botha, om Ekurhuleni tot aksie te dwing.

Die voortdurende mislukking van Ekurhuleni om vullisbestuur en afvalregulering af te dwing, is onaanvaarbaar.

Inwoners verdien ’n skoon en veilige omgewing om in te leef en werk en nie ’n stortingsterrein by hul voordeur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.