fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Onwettige myners ruk Merafong se rioolsuiweringsaanlegte tot stilstand

Die optrede van onwettige myners het die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se rioolsuiweringsaanlegte totaal in duie laat stort.

Van die aanlegte is al vir meer as ses jaar buite werking weens onwettige myners (zama-zamas) wat toerusting openlik geplunder het. Vier van die vyf aanlegte se riool word na riviere afgevoer.

Die VF Plus het pas ʼn oorsigbesoek aan die rioolsuiweringsaanlegte in Khutong, Weltevrede, Wedala en Kokosi gebring.

Die probleem duur al jare. Zama-zamas het die Khutsong-rioolsuiweringsaanleg in 2017 geplunder en ʼn veiligheidswag geskiet.

Kragkabels, -bokse en staalpype is toe gesteel. Die munisipaliteit het die gesteelde toerusting vervang, maar dit is weer geplunder.

Die aanleg is steeds buite werking en riool vloei in die Wonderfonteinspruit wat afvloei na Potchefstroom.

Die Welverdiend-rioolaanleg is ook geplunder en buite werking. Onwettige myners het sekuriteitswagte gewaarsku hulle sal terugkeer om die oorblywende toerusting te roof.

By die Wedala-aanleg is die heining en toerusting, waaronder ʼn transformator, gesteel. Die versekeringsmaatskappy het aangedui dat die toerusting slegs vervang sal word wanneer die aanleg weer behoorlik omhein en beveilig is.

Die riooltoevoerlyn na dié aanleg is uitgegrawe wat veroorsaak dat riool nie afgevoer kan word na die aanleg nie. Goudstof is na ʼn ondersoek in die riool gevind. Riool vloei ook vrylik in die Loopspruit in wat uitmond in die Klipdam.

Die Kokosi-aanleg buite Fochville is die afgelope ses jaar reeds gesluit nadat dit geplunder is.

Riool word na die Loopspruit herlei. Toerusting word vervang en die munisipaliteit hoop dat die aanleg teen die einde van Julie 2023 weer in werking sal wees.

Die munisipaliteit het reeds verskeie strafregtelike klagte aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Merafong, wat finansieel sukkel, beskik nie oor die fondse om gesteelde toerusting keer op keer te vervang nie.

Die VF Plus doen ʼn beroep op die munisipaliteit en polisie om kragdadig op te tree teen hierdie sabotering van kritieke infrastruktuur op belastingbetalers se rekening.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.