Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ongelukke in Krugersdorp weens onvoldoende verkeerstekens

Die VF Plus het die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, Francis Makgatho, gewaarsku dat meer ongelukke in Krugersdorp onvermydelik is indien daar nie onmiddellik behoorlike padtekens en verkeerstekens aangebring word nie.

Hierdie week alleen het twee motorongelukke in die Monument-woonbuurt plaasgevind weens onvoldoende en verwaarloosde padtekens en -strepe in Jacob Maree- en Paul Krugerstraat.

Gisteroggend (Dinsdag) is ’n swanger vrou en haar dogter beseer in ’n motorbotsing wat voorkom kon gewees het met duidelike verkeerstekens en sigbare padstrepe.

Die probleme is wydverspreid in Krugersdorp. Stoptekens word gereeld gesteel en nie vervang nie, padstrepe is dof of afwesig en by kruisings is geen noodsaaklike aanduidings nie.

Die VF Plus het spesifiek gevra dat padtekens in Bellstraat, voor die Hoërskool Noordheuwel, aangebring word. Dié straat dra gedurende oggend- en middagspitstye swaar verkeer en gesteelde stoptekens veroorsaak chaos.

Hierdie verwaarlosing hou ’n direkte bedreiging in vir padgebruikers.

Die munisipaliteit het ’n grondwetlike en morele verantwoordelikheid om te verseker dat verkeerstekens duidelik sigbaar is, padoppervlaktes gemerk word en gesteelde tekens vinnig vervang word.

Basiese padveiligheid is nie ’n luukse nie, maar ’n noodsaaklikheid.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.