fbpx
Vryheidsfront Plus

Onderwysdepartement moet fokus op gehalte onderrig eerder as matriekslaagsyfer

Die klem vir ‘n suskesvolle onderwysstelsel moet op gehalte onderwys wees, eerder as ‘n goeie matriekslaagsyfer, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, vandag in ‘n debat oor die provinsiale onderwysdepartement se begroting gesê.

Hy het gesê hoewel die Vrystaat se matriekslaagsyfer vir 2016 88.2%, en die hoogste in die land was, het slegs 55% van die 59 784 graad 1’s wat in 2005 met skool begin het dit in 2016 tot by matriek gemaak – 17.7% van hierdie leerders het skool verlaat as gevolg van swak akademiese prestasie. Die departement moet ernstige aandag aan die uitsakkoers van leerders gee deur die kwaliteit van onderrig wat gebied word te verbeter. As gehalte onderrig deur behoorlik opgeleide onderwysers gebied word, sal die matriekslaagsyfer outomaties hoog wees.

Wessels het aangevoer dat Suid-Afrika se onderwysstelsel, volgens die 2016-verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum se Wêreldwye Inligtingstegnologie-verslag, 137ste van 139 lande is met ons Wiskunde en Wetenskap-onderrig 75ste uit 76 lande, ten spyte van die feit dat Suid-Afrika een van die hoogste besteders op onderwys per capita in die wêreld is.

Wessels het die Tweede-kans-program vir leerders wat nie matriek die eerste keer slaag nie verwelkom. Volgens die SA Kwalifikasie Owerheid het 125 000 swart studente en 50 000 wit studente aan tersiêre inrigtings gekwalifiseer en die koers waarteen tersiêre kwalifikasies behaal word het sedert 2015 met 3.3% toegeneem. Tog gedy die werkloosheidskrisis in Suid-Afrika met ‘n werkloosheidskoers van 26.6%.

“Die departement moet gehalte onderrig bied wat op vaardigheidsontwikkeling en entrepreneurskap fokus wat leerders in staat stel om werkloosheid, armoede en verskeie ander sosio-ekonomiese faktore in hul eie reg te beveg ten einde ‘n volhoubare bestaan te voer,” het hy gesê.

Kontaknommers: 082 391 3117

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.