Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ondersoek rookverklikkers en brandkrane by alle provinsiale hospitale in Gauteng

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir gesondheid, dr. Nomathemba Mokgethi, versoek om ‘n volledige verslag aan die wetgewer se portefeuljekomitee vir gesondheid voor te lê oor die oorsake van die brand wat Vrydagmiddag by die Charlotte Maxeke-hospitaal uitgebreek het voordat die hospitaal heropen.

Sy moet ook aandui watter stappe geneem gaan word om soortgelyke toekomstige voorvalle by ander provinsiale hospitale in die provinsie te voorkom.

Brandskade aan die Charlotte Maxeke-hospitaal kon waarskynlik beperk gewees het indien rookverklikkers, watersproeistelsels en brandkraan-koppelings behoorlik onderhou was.

Brandbestryders het vir meer as 12 ure gespook om die brand, wat in ‘n apteek se pakkamer uitgebreek het, in bedwang te bring.

Die Johannesburgse brandweer moes watertrokke na die hospitaal ontplooi omdat verskeie brandkrane by die hospitaal buite werking was.

Luidens berigte het rookverklikkers en watersproeistelsels ook nie na behore gewerk nie.

Die nalatigheid van die hospitaal se bestuur om brandbestryding-toerusting behoorlik te onderhou, het nie net die omvang van skade vergroot nie, maar ook mense se lewe in gevaar gestel.

Die Gautengse premier, David Makhura, het die 42 jaar oue hospitaal Sondag vir sewe dae gesluit.

Die VF Plus dring daarop aan dat ‘n ondersoek na die nodige voorsorgmaatreëls en noodplanne by ander provinsiale hospitale in die provinsie plaasvind om moontlike toekomstige tragedies te vermy.

Groot skade is in Februarie aan die Carletonville-hospitaal aan die Wes-Rand aangerig toe ‘n brand beskermende mediese toerusting ter waarde van R23 miljoen vernietig het.

Die lewe van mense is belangrik en om siek pasiënte na ander hospitale wat reeds onder druk is te verskuif, kon vermy gewees het indien veiligheidsmaatreëls by die hospitale voldoende was.

Die VF Plus wag vir die verslag en sal daarvolgens aanbevelings maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.