Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus doen ‘n beroep op Noordwes-gemeenskap om inligting oor generaal De la Rey se gesteelde borsbeeld

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners van Noordwes om inligting oor die gesteelde borsbeeld van die boereheld generaal Koos de la Rey te rapporteer om seker te maak die skuldiges ry aan die pen.

Generaal De la Rey se graf is oor die naweek in Lichtenburg gevandaliseer en die borsbeeld is verwyder.

Die VF Plus en die FAK het die toneel vandag besoek om die skade aan die graf en monument te evalueer.

Die skending van hierdie kulturele baken van ‘n volksheld beklemtoon opnuut die omvang van die impak wat misdaad op alle terreine van die samelewing het.

Die feit dat selfs gemeenskappe se kultuurskatte nou deur misdadigers geteiken word, is aanduidend van die vlak van morele en algemene verval wat toenemend beleef word onder die ANC-regering.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.